HOEKOM KLEINSAKE ONDERNEMINGS MOET BLOG

Blogging is ‘n vorm van Social Media.  Interaksie en gesprekke vind hier plaas.  Elke kleinsake onderneming wat graag wil groei, behoort ‘n blog te hê.  Indien jy as eienaar van die onderneming nie kans sien om gereelde artikels te skryf en te plaas nie – stel iemand binne jou maatskappy aan om dit waar te neem.

Dit neem tyd en toewyding om te blog.  Deur middel van blogging kan jy jouself of jou besigheid bemark, jy kan vertoue inboesem by die publiek en jy sorg dat jy meer gesien word op die Wêreld Wye Web.  Jy sal ook ondervind dat die tyd en moeite wat gespandeer word op blogging beloon sal word deur groter sigbaarheid aanlyn.

 

Blogging het skielik groot en belangrik vir jou besigheid geword.  Hier is ‘n paar verwagtinge rondom blogging:

  • Kies inskrywings wat inligting bevat wat jou en jou besigheid as markleiers sal bestempel;
  • Stel ‘n lys saam van lesers wat geïnteresseerd is in en belangstel in jou dienste, produkte en maatskappy;
  • Familiariteit  en vertroue kan deur middel van ‘n blog gebou word;
  • Besigheids leidrade kan verkry word deur jou blog wat jy weer kan omskakel in verkope.

Waaroor blog ‘n mens?  Die antwoord is eenvoudig – dit waarin jou mededingers en verbruikers gaan belangstel!

Die groot geheim van blogging is om te skryf oor onderwerpe wat potensiele verbruikers na jou toe sal bring.  Net soos bemarking, het jy ‘n plan van aksie of strategie nodig om te kan blog.

Kontak ons gerus sodat ons jou kan help om jou onderneming suksesvol te maak deur middel van blogging!